Ons voorbiddingspan bid op aktiewe en deurlopende basis vir die behoeftes van ons lidmate, gemeente en gemeenskap. Indien jy 'n gebedsversoek het waarvoor ons kan bid, neem asseblief vrymoedigheid en kontak ons gerus deur die vorm te voltooi op ons kontak blad.
Ons gemeente hou werklik van saam koffiedrink en kuier na ons dienste. Ons gasvryheidspan maak seker dat daar altyd vars koffie, tee, koekies ensomeer is vir ons kuier na die diens. Om deel te word van hierdie span, skakel gerus vir Barry Momberg by 0729677085.
Ons musiekbediening bestaan uit 'n klein groep toegewyde musikante en sangers wat hul Godgegewe talente met groot vrug binne die gemeente aanwend. Indien jy wil betrokke raak by hierdie bediening, skakel gerus vir Tyronne Usher by 0827988162.
Die klank en media bediening in 'n integrale deel van die sukses van enige erediens van 'n kerk. Goeie klank en multi-media dra by op verskeie maniere tot 'n dinamiese kerkervaring. Kontak gerus vir Tyronne Usher as jy deel wil word van hierdie belangrike bediening. Skakel gerus vir Tyronne Usher by 0827988162.
Ons is bevoorreg om as manne bymekaar te kom in die naam van Jesus. Elke eerste Saterdag van die maand maak ons Jesus se naam groot in gebed en samesyn. Daar is natuurlik ook so nou en dan iets om te eet. Skakel gerus vir Chriso Olwage 0824472530.
Rostvas Kinderkerk fokus daarop om ons kinders toe te rus met goeie Bybelkennis en fundamentele Bybelwaarhede. Vir meer inligting, skakel gerus vir Pastoor Gert Vrey by 0833255455, of vir Engela Watson by 0827482094.
Outreach Unlimited is 'n nie-winsgewende organisasie wat ons gemeenskap help deur middel van uitreike, onder die leierskap van Pastoor Pieter Breytenbach. Vir meer inligting oor die fantastiese werk wat deur hulle gedoen word, besoek gerus hulle webblad by: www.outreachunlimited.co.za
VOLG ONS!